Afkomstig uit die pragtige Robertson-wynvallei sou mens dink dat Burger se eerste liefde wingerdbou sou wees. Vandag teug ‘n mens egter aan ‘n musikale versnit met ‘n oor vol genot as jy na dié jong man luister. Musiek was reeds vanaf 8-jarige ouderdom sy voorliefde en na jare se sangonderrig was die wen van SABC2 se Supersterre in 2010 ‘n wonderlike bonus en beloning vir harde werk.

Dit het egter net ‘n stewige platvorm gevestig en ‘n geleentheid geskep om die uitdagende professionele wȇreld van ‘n vermaaklikheidskunstenaar te betree. Burger het vinnig gesnap dat ‘n goeie stem en voorblad-voorkoms nie genoeg is om die wa deur die drif te trek nie. Hy het hom gou by gesoute musikante en liedjieskrywers geskaar en deel geraak van hierdie musiek-familie. Die resultaat is ‘n puik album wat sy naam met trots dra.

Met Burger se innemende persoonlikheid, asook sy eerlike, nederige benadering, het hy in ‘n japtrap diep in die hart van die luisterpubliek ‘n spesiale plek gekry.

Volg hom op sosiale media: