Ons is ‘n up-and-coming akoestiek duo wat alles van akoestiese ballades, folk, alternative en rock tot lekker kuierliedjies speel.  Ons doen meestal covers, maar werk ook aan ‘n paar oorspronklike liedjies. Ietsie vir almal.

Ons het ‘n hele paar jaar terug ontmoet in ‘n kerk band. Benice was genooi om by ‘n ander gemeente te gaan sing en ek was die derde opsie as kitaar speler.  Soos geluk dit wou hê kom ons toe agter ons stemme werk lekker saam.  Paar om-die-vuur-kuiers later is ons vriendskap vas gesement en die pad van ons musiek-journey begin teer.  Ons eerste optrede was by die Omibergfees waar ons drie jaar opeenvolgend sonder naam opgetree het.  Ek het een dag ‘n song van een van my groot musiekhelde, Koos Kombuis, op my foon record en vir ‘n vriendin gestuur en sy het toe gesê dit maak haar lus vir rooiwyn, want dit is ‘n lekker kaggel en rooiwyn vibe.  Sy het toe met die naam ‘Die Rooiwynprofeet’ voor ‘n dag gekom.

Ons is nou maar eers ‘n paar maande aan die gang, maar is ongelooflik geseënd met shows wat al hoe meer raak.  Ons weet nog nie waarheen ons oppad is nie, maar ons is opgewonde oor die toekoms.

Om musiek te maak is ‘n voorreg.  Ons is dankbaar vir ons talente en sien uit om dit te deel met elkeen van julle.  Ons is after all net twee verlore siele op ‘n journey met musiek.  Sien uit om hierdie avontuur saam met julle te loop.

Volg hulle op sosiale media: