Mari Bosman is sangeres en
liedjieskrywer vanuit die Paarlvallei. 

Sy het BSc studeer by die Universiteit van Stellenbosch, gevolg deur ‘n nagraadse diploma in onderwys. Op Stellenbosch het sy gereeld opgetree by bekende teaters en restaurante asook voor-shows gedoen vir plaaslike legendes soos Valiant Swart, Koos Kombuis en Karen Zoid. Ná 6 jaar as biologie -en skeinat onderwyseres in die Paarl, spandeer sy deesdae haar tyd as liedjieskrywer en sangeres.

In 2009 het sy die 5fm MyCokeFest kompetisie gewen in die afdeling ‘Best Original Music’. Een van haar liedjies is daardie jaar op die grootskerm gespeel tydens MyCokeFest as bekendsteling van plaaslike talent.

In 2013 het sy ‘n platekontrak geteken met Sony Music Entertainment as deel van die groep ‘Dogters Van Man’. Hierdie groep het bestaan uit haarself (akoestiek en stem), Maria Rademan wat tans in die groep TWEE is (klavier/keys en stem) en Renate Riedemann(viool en stem). Hul enkelsnit ‘Die gras is altyd groener’ het verskeie nr1 posisies behaal op radio. ‘n Musiekvideo is ook vrygestel: https://www.youtube.com/watch?v=dEmg8XPyAls

In 2014 het die meisies van‘Dogters Van Man’besluit om hul solo loopbane te volg.

Mari het kort daarna haar eerste enkelsnit vrygestel, genaamd ’Enkelvlug’, wat baie goed ontvang is deur die publiek en radiostasies. In 2015 is haar tweede enkelsnit, ‘Mure Val’ op die platemaatskappy Coleske Artists se kompilasie Country is GROOT geplaas.

In 2016 het Mari haar debuut album klaargeskryf en opgeneem, genaamd ‘Skakerings’. Hierdie album is onlangs vrygestel. Die musiekvideo van die eerste enkelsnit ‘Skakerings’ was in Junie 2017 vrygestel.  Die youtube offisiële video: https://www.youtube.com/watch?v=FX6-Z6Wxq-c

Mari is tans te sien op groot verhoë by feeste en geleenthede. Sy het ook onlangs voor-shows gedoen vir Theuns Jordaan, Steve Hofmeyr en Francois Van Coke. Sy is vinnig besig om golwe te maak in die afrikaanse musiekbedryf.

Sy beskryf haar musiek as Afrikaans rooiwyn rock’!

Volg haar op sosiale media: